Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

15 March, 2011

Nóg ’n minister koop luukse BMW

2009-10-17 08:10
Liesl Peyper

Kaapstad - Me. Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge, het die vierde minister geword wat ’n weelderige BMW van byna R1,2 miljoen as ampsmotor gekoop het.

Sy het die voorbeeld van haar drie ampsgenote – mnr. Siphiwe Nyanda, minister van kommunikasie, dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, en mnr. Trevor Manuel, ’n minister in die presidensie – gevolg en die luukse 7-reeks gekies.

Belastingbetalers het ook vir ’n verdere R103 337 se bykomstighede, waaronder spesiale beligting, opgedok. Die spandabelrige aankope is bekend gemaak in antwoord op ’n vraag van mnr. Kenneth Mubu, DA-LP.

Volgens die DA het pres. Jacob Zuma se ministers en hul adjunkte tot dusver saam byna R44 miljoen aan nuwe ampsmotors bestee en beloop die bykomstighede ook amper R1 miljoen. Lees verder: nuus24

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar