Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

31 March, 2011

‘Vloed van korrupsie’ laat LP’s na asem snak

2011-03-31 01:30
Pieter du Toit


Kaapstad - ’n “Vloed van korrupsie” is besig om oor Suid-Afrika te spoel.


Mnr. Willie Hofmeyr, hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), het die reusagtige omvang van staatskorrupsie wat sy eenheid ondersoek gister aan die parlement se portefeuljekomitee oor justisie uiteengesit.


Die SOE (die eenheid is gelykstaande aan ’n presidensiële kommissie van ondersoek) het tot dusver vanjaar 16 nuwe presidensiële proklamasies, die meeste ooit, ontvang.


Op ’n vraag van mnr. Steve Swart (ACDP) was hy huiwerig om te sê of die stryd teen korrupsie verloor word. “Die enigste manier waarop ons korrupsie kan pak, is deur te erken dis ’n probleem. Die hernude fokus daarop kom van die presidensie af en is ’n eerlike poging. Dit is egter so dat ons internasionale aansien, sover dit deursigtigheid betref, getaan het. Ons moet dit regstel.”


Volgens hom is daar vasberadenheid om korrupsie te verminder, word meer en meer hulpbronne aangewend om dit te beveg en is die SOE hoopvol op “groot en sigbare suksesse”.


LP’s het meer as een keer hoorbaar en gesamentlik na hul asem gesnak toe Hofmeyr van die besonderhede uitgelig het.


Dit sluit in ’n ondersoek “na ernstige misdadigheid” by die SAUK waar 20 werknemers geïdentifiseer is wat sowat R2,4 miljard ontvang het deur die tender- en aankopeproses te misbruik en self met die uitsaaier sake te doen. Lees verder: Die Burger

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar