Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

29 March, 2011

DA kasty Zuma oor godsdiens

2011-03-28 09:27
Gloria Edwards


Johannesburg - "’n Stem vir die ANC sal jou nié in die hemel kry nie.”


Só het Sej Motau, DA-LP in Gauteng, Saterdag in Soweto gesê met die bekendstelling van die DA se verkiesingsmanifes.


Verskeie DA-lede, insluitend Helen Zille, DA-leier, en Patricia de Lille, waarnemende Wes-Kaapse premier en Kaapstadse burgemeesterskandidaat, het sterk teruggekap na die ANC met verwysing na godsdiens.


Hul uitlatings kom nadat pres. Jacob Zuma vroeër hewig gekritiseer is toe hy gesê het ’n stem vir die ANC sal jou in die hemel kry.


Motau het gesê dié leuen is ontbloot, want "’n stem vir die ANC sal nie die deure van die hemel oopmaak nie”.


"’n ANC-lidmaatskapkaart maak die hemel se deure slegs oop vir die elite-groepie met konneksies,” het hy gesê. “Die ANC gee aan kiesers kospakkies, maar gee tenders ter waarde van miljoene (rande) vir sy eie maatskappye.” Lees verder: nuus24

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar