Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

30 March, 2011

Munisipale verkiesing, 2011: DA maak sy kandidaat vir Wyk 11 bekend

Die sjarmante Mercia Ungerer is op 25 Augustus 1939 op Humansdorp gebore, die dogter van André en Emile du Plessis.


Sy het aan die Hoër Volkskool Graaff-Reinet gematrikuleer, die Hoër Primêre Onderwysdiploma aan die onderwyskollege op Graaf-Reinet behaal en daarna die
B Sc. (Huishoudkunde)-graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Sy het lank onderwys gegee en sake-ondernemings bestuur.


Mercia was getroud met raadsheer Eric Ungerer, ‘n hoogs gerespekteerde voormalige raadslid en burgemeester van Jeffreysbaai. Hy het haar in 2004 ontval. Die egpaar het drie dogters. Xandré is ‘n rekenmeester in Johannesburg. Celesté is eweneens ‘n gekwalifiseerde rekenmeester en boer saam met haar eggenoot, Schalk, in die Joubertina-distrik. Erica is ‘n pre-primêre skoolhoof in Kaapstad.


Die politiek het reeds in haar eerste jaar op onderwyskollege van Mercia besit geneem. Sy was die mede-stigter van die studente-tak van die Nasionale Party en was drie jaar lank die sekretaresse. Daarna was sy nooit ver van die politieke dampkring af nie. Gedurende Eric se vele termyne as raadslid en burgemeester, het sy hom getrou ondersteun en betrokke geraak by gemeenskapsaktiwiteite. Sy is self ook die afgelope ses jaar ‘n dienende raadslid van die Kouga Munisipaliteit.


Mercia put groot vreugde uit haar betrokkenheid by die Vroue-landbouvereniging van Kaapland (VLVK). Sy het verskeie beoordelaarseksamens geslaag en daar word gereeld op haar nommer gedruk om as beoordelaar van hekelwerk tot gepreserveerde produkte op te tree. Sy dien die VLVK op verskeie vlakke. Sy is reeds 40 jaar lank die voorsitter van die Jeffreysbaai-tak. Die afgelope tien jaar is sy ook die president van die Sirkel Suid-Ooskus. Hierbenewens dien sy in die VLVK-hoofbestuur.


This formidable woman lives her life in terms of a simple philosophy. She believes that one should have faith in one’s own ability; to deem oneself as good as the next person. “Be self-assured,” is her advice, “and you will achieve good results.”


Mercia is not afraid of criticism. What matters is the manner in which one deals with it. “It is entirely possible to isolate the good elements of criticism and turning it to one’s own advantage,” she declares.


She was forced to cope with a fair amount of misfortune in her life. This she did courageously. As a young woman she contracted tuberculosis. Although she was cured, the illness affected her ability to move about freely. A few years ago she was diagnosed with and treated for breast cancer.


Ten slotte belowe Mercia om die mense van Wyk 11 se belange te alle tye voorop te hou. “Ek het ‘n passie vir mense,” sê Mercia, “en omdat ek ‘n vrou is, het ek empatie met hulle behoeftes. Hierbenewens glo ek dat beloftes skuld maak.”


Barry Vosloo
29 Maart 2011

1 comment:

Comment here
Lewer hier kommentaar