Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

26 March, 2011

Eskom dreig om Kouga se krag te sny

Die Kouga Munisipaliteit (KM) se finansiële posisie is weer eens onder die soeklig nadat Eskom die KM gewaarsku het om sy skuld te betaal of die gevaar loop dat kragvoorsiening aan dorpe in die Kouga afgesny gaan word. In ‘n brief, wat in Our Times se besit is en wat gerig is aan Dr. Eddie Rankwana, die munisipale bestuurder, het Thys Möller, algemene bestuurder van die suidelike streek van Eskom, die KM gewaarsku dat hulle Eskom meer as R19,5 miljoen skuld. Dié toedrag van sake is lynreg in teenstelling met ‘n uitspraak verlede Vrydag van Robbie Dennis, die uitvoerende burgemeester. In sy openingsrede van die munisipaliteit het hy gesê dat diegene wat te kenne gee dat die munisipaliteit in ‘n finansiële krisis met Eskom gewikkel is, leuens vertel.

Eskom het blykbaar op 8 Maart tydens ‘n vergadering met die KM ingestem om ‘n aanbod van die munisipaliteit te aanvaar dat uitstaande skuld in paaiemente betaal kan word. Die voorwaarde is dat indien die munisipaliteit faal om sy verpligtinge na te kom, die volle bedrag onmiddellik betaalbaar sal word. Versuim om díe ooreenkoms na te kom, sal meebring dat Eskom, sonder verdere kennisgewing, ‘n proses in werking sal stel waardeur die publiek in kennis gestel sal word van sy voorneme om elektrisiteitsvoorsiening te staak.

Uit die brief blyk dit dat die munisipaliteit nie genoeg geld het om sy lopende rekening van R10 miljoen wat op 9 Maart betaalbaar was, te betaal nie. Dié geld sal nou in vyf maandelikse paaiemente, vanaf Maart tot Julie, van R2 miljoen elk betaal word. Die laaste paaiment moet rente insluit. ‘n Verdere agterstallige bedrag van R9,5 miljoen wat oor vroeëre maande opgehoop het, moet ten volle op 31 Maart 2011 betaal word.

Buiten uitstaande skuld moet die munisipaliteit ook nog sy maandelikse verpligtinge teenoor Eskom nakom. Dit beloop blykbaar tussen R8 miljoen en R10 miljoen per maand afhangende van die seisoen.

Effektief beteken dit dat die munisipaliteit vandeesmaand alleen sowat R20 miljoen sal moet vind om Eskom te betaal Van April tot Julie sal dit sowat R12 miljoen maandeliks beloop.

Dr Nico Botha, DA-raadslid, sê dat hy dié omstandighede lankal te wagte was. “Hier is nóg ‘n bevestiging daarvan dat die ANC-beheerde stadsraad op ‘n finansiële ramp afstuur. Dis duidelik dat Eskom die KM as ‘n swak betaler geïdentifiseer het. Huishoudings, besighede en mediese dienste sal erg geraak word as Eskom ons kragvoorsiening staak” sê Botha.

Hy wil ook graag weet wat van die geld geword het wat verbruikers reeds betaal het wat Eskom nou opeis. Hy sê : “Elektrisiteitsvoorsiening is ‘n basiese diens waarvoor inwoners betaal. Mnr Dennis sal ook moet verduidelik hoekom hy Vrydag ‘n wanindruk geskep het dat alles pluis is met die Eskom-rekening. Wanneer ‘n munisipaliteit afbetalings reël, beteken dit hy kan hy nie meer kan betaal nie. Die nuwe raad wat op 18 Mei verkies word gaan met die intrapslag in die rooi begin te wyte aan die huidige raad se swak finansiële bestuur.”

Verder se Botha het hy by ‘n betroubare bron verneem dat die KM sukkel om salarisse te betaal en bevraagteken hy hoe lank nog die munisipaliteit sy personeel betyds sal kan betaal.

Piet Liebenberg
OUR TIMES - Kouga se koerant
25 Maart 2011

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar