Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

09 March, 2011

Laat ras agterweë

8 Maart 2011

Uittreksels uit 'n weeklikse nuusbrief deur die Leier van die Demokratiese Alliansie, Helen Zille.

Die blywende herinnering aan die Wêreldbeker van 2010 gaan nie die stadionne, die pretparke of selfs die sokker wees nie, maar eerder hoe alle Suid-Afrikaners agter ons span, Bafana Bafana, saamgestaan het. Dit was ons land se mees samesnoerende oomblik nadat Nelson Madela Francois Pienaar se No 6-trui tydens die Rugby-wêreldbeker van 1995 aangetrek het.
Sulke oomblikke is kwantumspronge wat rasseversoening betref. Hulle skep hoop by ons dat die visie van ’n reënboognasie nie ’n skim is nie, maar in die werklikheid geanker is. Ons moet hulle koester en hopelik herhaal totdat hulle in ons samelewing die reël word.
Elke nou en dan gebeur dinge egter wat ons ’n stappie terug laat neem.

Onlangse gebeure bewys dat die ANC die kiesers in die aanloop tot die verkiesings van 18 Mei nogmaals op die grondslag van ras gaan opsweep. Die heel berugste was die opmerkings deur regeringswoordvoerder Jimmy Manyi dat daar ’n “ooraanbod” van bruinmense in die Wes-Kaap is, en dat daar té veel Indiërs in bestuursposte is omdat hulle hul “pad boontoe onderhandel” het. Sulke kommentaar is verfoeilik en hoort glad nie in ’n demokratiese Suid-Afrika nie. Ons herhaal ons beroep dat Manyi onmiddellik moet bedank.

Vandeesweek het Trevor Manuel in ’n ope brief aan Manyi heel tereg op die ooreenkoms tussen Manyi en Verwoerd se rassisme gewys. Ons verwelkom Manuel se verklaring, maar vind dit interessant dat hy dié oomblik gekies het om hom oor die aangeleentheid uit te spreek. Na alles is kwotas op grond van rasse-“verhoudings” asook rasse-etikettering ’n al hoe sterker neiging in die era ná Mandela. En Manuel het elke tree saamgestap.

Goeie waarnemers van ons politiek weet baie goed wat agter Manuel se skielike ommekeer sit. Ons weet hy moet die skade aan die ANC se beeld onder die bruinmense in die Wes-Kaap herstel. Ons weet hy steun die nuwe voorsitter van die ANC in die provinsie, Marius Fransman. Die Luthuli-gebou het Fransman in die Wes-Kaap ontplooi (ondanks sy bedenklike verlede, wat strafregtelik ondersoek word), in die verkeerde en neerbuigende veronderstelling dat hy weens sy “ras” ’n meerderheid van die kiesers sal kan mobiliseer.

Toe dusver het pres. Zuma buite die kryt gestaan. Die ANC se Sekretaris-Generaal, Gwede Mantashe, het betoog dit is ’n “interne ANC-aangeleentheid”. Die vraag bly dus staan: was Trevor Manuel se ingreep ’n baie goed gekoördineerde ANC-strategie om “skadebeheer” in die Wes-Kaap toe te pas? Gee die ANC met die “segmentering” van sy “kiesersmark” voor dat hy nie-rassigheid in sommige dele voorstaan, as ’n skerm waaragter hy die Verwoerdiaanse voorstanders van “rasse-verteenwoordigendheid” toelaat om hulle in die hart van die regerende party in te burger? Pres. Zuma se reaksie op hierdie ramp – as daar ooit een gaan wees – gaan die antwoord duidelik maak.

In die komende verkiesingsveldtog gaan die ANC hom oor ras alkant toe draai, want hy kan die mense op geen ander manier opsweep nie. Hy word orals in die land met mislukte dienslewering verbind, en kan nét die rassekaart speel.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar