Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

16 March, 2011

Spesiale stemme - munisipale verkiesing, 18 Mei 2011

Inleiding
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het aangekondig dat spesiale reëlings getref sal word sodat inwoners van tehuise vir bejaardes, persone wat fisies gestremd of medies ongeskik is, en persone wat op stemdag uitstedig sal wees, hulle stem kan uitbring.

Inwoners van tehuise vir bejaardes
Inwoners van tehuise vir bejaardes moet tussen 15 April 2011 en 3 Mei 2011 ‘n skriftelike aansoek om ‘n spesiale stem by die OVK-kantoor op Humansdorp indien.

OVK-amptenare sal tehuise vir bejaardes op 16 en 17 Mei 2011 besoek sodat die inwoners hulle stem kan uitbring.

Kiesers wat fisies gestremd of medies ongeskik is
Fisies gestremde kiesers en kiesers wat om mediese redes nie hulle stembus op stemdag kan besoek nie, mag eweneens tussen 15 April en 3 Mei 2011 by die OVK-kantoor op Humansdorp aansoek doen om ‘n spesiale stem.

OVK-amptenare sal diegene op 16 en 17 Mei 2011 besoek sodat die hulle hulle stem kan uitbring.
Kiesers wat op stemdag uitstedig sal wees
Kiesers wat op stemdag uitstedig sal wees en dus nie hulle eie stembus kan besoek nie, word aangeraai om tussen 15 April 2011 en 3 Mei 2011 by die OVK-kantoor op Humansdorp aansoek te doen om ‘n spesiale stem.

Sodanige kiesers mag hulle stem dan op 16 Mei vanaf 08:00 en 17:00 by hul eie stembus uitbring.
Ten slotte
As daar enige onduidelikheid is, kan die OVK-kantoor op Humansdorp by
042 291 0083 geskakel word.

(Hierdie inligting is deur Deville Smith voorsien)

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar