Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

24 March, 2011

Maak die kwessies die kwessie

Helen Zille, Leier van die Demokratiese Alliansie
22 March 2011

Binne twee maande gaan Suid-Afrikaners stem in ons vierde rondte plaaslike verkiesings. Dit kan ’n waterskeiding in die kort geskiedenis van ons demokrasie wees.

Ek sê dit omdat hierdie verkiesings die eerste kans vir Suid-Afrikaners ná 1994 is om ’n volledige en behoorlike vergelyking tussen die rekord van verskillende regerende partye te tref.

In hierdie verkiesings sal kiesers byvoorbeeld vyf jaar van DA-bestuur in Kaapstad met vyf jaar van ANC-bestuur in Johannesburg kan vergelyk.

Juis vandeesweek het die Department van Samewerkende Regering en Tradisionele Aangeleenthede Baviaans, die enigste munisipaliteit met ’n DA-bestuur in die Oos-Kaap, as die beste munisipaliteit vir dienslewering in daardie provinsie aangewys. Baviaans het ook die toekenning vir die beste insameling van inkomste in die Oos-Kaap ontvang.

Die enigste munisipaliteit met ’n DA-bestuur in Gauteng is Midvaal. Soos Baviaans staan dit gedurig bo-aan die lys vir dienslewering in daardie provinsie. Vanjaar het Midvaal die agste keer in tien jaar ’n ongekwalifiseerde oudit ontvang. Verlede jaar het dit in die jaarlikse lewensgehalte-peiling heel bo-aan die lys in die provinsie gestaan.

Die sukses van DA-munisipaliteite in die Wes-Kaap staan duidelik aangeteken. Verlede jaar is Wes-Kaapse munisipaliteite (waarvan die meeste deur die DA bestuur word) in die Universele Huishoudelike Toegang tot Basiese Dienste-peiling eerste in die land vir dienslewering geplaas. ’n Onafhanklike peiling deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings het bevind dat meer arm mense in die Wes-Kaap toegang tot gratis basiese dienste as elders het.

Die beste kontras tussen ’n ANC- en ’n DA-bestuur is moontlik die geval van die Kouga-munisipaliteit in die Oos-Kaap. In 2000, toe die DA die bewind in daardie munisipaliteit aanvaar het, was die munisipaliteit bankrot, en het hy gesukkel om basiese dienste te lewer. Die DA het die munisipaliteit teen 2002 reggeruk. Sy finansies was gesond en dienste is klokslag gelewer. In daardie jaar het die DA teen die wense van die kiesers weens oorlopery beheer van die munisipaliteit aan die ANC afgestaan. Twee jaar later, in 2004, was die munisipaliteit weer bankrot. Lees verder ...

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar