Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

23 March, 2011

Munisipale verkiesing, 2011: DA maak sy kandidaat vir Wyk 14 bekend

Posted by Picasa

Pieter Willem Butler, oftewel Piet soos hy verkies om bekend te staan, is op 21 Oktober 1945 in Alberton gebore. Hy is die jongste van drie kinders van Charles en Marie Butler.

Piet het aan die Hoërskool Alberton gematrikuleer en is daarna na die Universiteit van Pretoria waarna hy by die Potchesftroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys die MA-graad verwerf het.

Hy en sy wederhelfte Eleanor het twee seuns (David en Richard), ‘n dogter (Catherin) en vier kleinkinders wat almal in Pretoria woonagtig is.

Voor sy uittrede het Piet inderdaad ‘n merkwaardige beroepslewe gehad; ‘n onderwysman in hart en niere. Hy was Hoof van die Hoërskool Klerksdorp, Direkteur van Onderwys (Jeugaangeleenthede), Hoofbestuurder van die Rugby-Akademie van die Noord-Transvaalse Rugby-unie, Rektor van die Centurion Kollege, Voorsitter van Opleidingsprojekte, SAAB/GRIPEN in Suid-Afrika en Swede, en, les bes, Adjunkhoof van die Tshwane-Suid Kollege.

Hy en Eleanor het hulle vier jaar gelede op Paradysstrand gevestig.

Vanuit ‘n Christelike oogpunt glo Piet onwrikbaar dat elke mens op die aarde geplaas is met ‘n bepaalde taak en roeping.

En waarom moet Wyk 14 se mense op 18 Mei vir hom stem?

“Eerstens,” sê Piet, “sal ek my beywer vir die skepping en handhawing van positiewe gemeenskapsverhoudings, gegewe die demografiese diversiteit van die inwoners van Wyk 14. Ek glo in gereelde skakeling met die onderskeie gemeenskappe oor sake wat hulle raak.”

Ewe belangrik is die aanwending van ‘n wyksgerigte begroting wat deursigtig, bekostigbaar en haalbaar is. Hierbenewens sal hy hom toespits op verbeterde en doelgerigte lewering van munisipale dienste aan elke inwoner. Hy voel baie sterk daaroor dat die bestaande infrastruktuur verbeter en behoorlik in stand gehou word.

“Hierdie dinge kom egter nie vanself tot stand nie,” sluit Piet af. “Dit vereis behoorlike beplanning en toepassing van tersaaklike regulasies.”

Barry Vosloo

23 Maart 2011

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar